My vreugdes en frustrasies

Reblogged

Reblogged: As iemand jou delete…

Knersvlakte

As julle haar nog nie hier tussen die bloglanderye raakgeloop het nie, wil ek julle graag voorstel aan Anikapani. Sy skryf daar uit my grootwordwêreld, met deernis en humor, oor die lewe in ‘n klein dorpie. Ek hoop ons gaan baie meer van haar sien in die toekoms.

In Namakwaland het die mense verskeie maniere om hul woede jeens iemand anders verwoord.

Ek het al gehoor hoe iemand met ‘n blinde oog bekyk word, ‘n ander terug in sy ma se lende besweer word en nog ‘n ander vir die jirre terug word. Maar ‘n vriendin vertel my die week haar storie, so uit die hartjie van Springbok uit.

Sy is betrokke by ‘n man, beide ongetroud en smoorverlief. Als loop mooi vir hulle en die elektrisiteit tussen hulle kan ‘n plaas gemeenskap se mielies in popcorn verander. So raak hul met die tyd onafskeidbaar. Sy weet van vroeg af al van sy nalatige lammertjie, die laaste kind by ‘n vrou wat sy familie nie goedkeur nie, maar hy verseker haar daar is niks meer tussen hom en die ma van sy kind nie.  Ding is net, klein dorpies skinner, en sommer baie ook!

So is vriendin weg vir werk en sy kry ‘n oproep dat die knaap nie heeltemal so getrou aan sy woord is nie. Vriendin strip haar op die plek, bel die knaap, drie maal onsuksesvol. Sy bel my, en snik soos sy huil. Ek het hom delete Ani, gedelete asof hy nog nooit bestaan het nie, maar nou kan my hart nie die pyn verstaan nie.

Reblogged from https://anikapani.wordpress.com/2016/11/23/as-iemand-jou-delete/

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

14 Comments

  1. Wens dit was so maklik. Delete die persoon net. Maar, wat nou van 2de kanse en so aan.

  2. Lekker storie gewees.

  3. Dankie vir die bekendstelling!

  4. Ek gaan hierdie blokker ook volg, het net gister gesukkel om haar op te spoor. Ek is weer lekker dom.

  5. monicahaddad01

    Lekker gelees, dankie vir die verwysing maar ek kon nerens ‘n plek vind om haar te volg nie, of kyk ek skeel?