Discover Challenge: Song
Mrs. Google has provided me with a definition of an earworm – a song stuck in your head that you can’t get out.
In Afrikaans sal ons dit dan seker vertaal as ‘n oorwurm. Julle weet nou waarvan ek praat – daardie liedjie wat bly draai in jou kop en waarvan jy nie ontslae kan raak nie.
Die storie met die oorwurm het verlede week begin toe ons inkopies gaan doen het by die Bargain Store (die groothandelaar wat onder meer aan plaaslike spaza shops voorsien). Dis die enigste winkel waar ek in grootmaat niekerbôls, Wilson toffies en Marie Biscuits kan koop. Ja, en dan kan ek sommer petrol ook ingooi.
Dis nou toe met die petrol-ingooiery wat ek sit en rondkyk en daar reg langs die grensdraad sien ek toe hierdie jaarthoenders, die spoggerige haan en sy onderdanige hennetjie, wat daar in die stof loop en skrop vir iets te ete. Net in daardie periode wat ek my selfoon gegryp en die foto hieronder geneem het, kom die oorwurm my toe by. (Vir die rekord, daar was nie eens ‘n kerktoring in die omtrek nie).
Ek het nou al alle boererate probeer: ‘n ander liedjie probeer sing, my maaltafels opgesê, die alfabet van voor na agter en toe van agter af vorentoe opgesê, maar niks help nie. Ek hou aan met sing oor die hoender wat die eier nie kan lê nie. Dis so ‘n catchy tune, luister maar self. As enigiemand weet hoe om die verdomde wurm uit my kop te kry, laat weet tog asseblief.
vuurklip
Dit maak nie veel sin nie. Geen haan, op die kerktoring of elders, lê eiers nie. Dalk moet ons die woorde verander, iets soos:
Daar’s haan wat by die hoenders nie kan lê.
HesterLeyNel
Haha, Afrikaanse tradisionele liedjies maak nie altyd sin nie, maar dit verskaf altyd plesier.
Korrelkop Kahuna
Die enigste manier om van ‘n oorwurm ontslae te raak, is om dit te vervang met ‘n ander oorwurm. Kan ek myne vir jou sing?
HesterLeyNel
O jy kan enige tyd vir my sing. Is jy op You Tube en wat is jou oorwurm?
Korrelkop Kahuna
Ek is deur die mediese raad verbied om te sing, selfs nie eers in die stort nie. Almal wat my al hoor sing het moes berading kry, so daai hoender gaan nie vlieg nie. Ek sal maar net die woorde neerskryf.
Die oorwurm gaan so: “Preeeeeeeeeaz rrrrrrrrrealease me, let my goooooo I, dont love you anymoreeeeee” ( Jy moet die erre rol soos ‘n properse Fransman!)
Dit het begin toe ons in September Namibië toe was. Die bakkie se sitplekgordels het ‘n geneigdheid om al stywer en stywer vas te trek wanneer jy grondpad ry. Toe die van Helsdingen op ‘n stadium daaroor kla, toe sing ek vir haar die stupid verwerking en sedertdien kom die ding in my kop op elke keer as ek in die bakkie klim
HesterLeyNel
Engelbert! Nou hoe nou, ek kan sweer jy is jaarrrre jonger as ek. Dis mos ‘n sixties liedjie die. Maar nouja, dis seker gepas as jou veiligheidsgordel jou begin verstrengel hahaha.
Tannie Frannie
Laat dit vir jou ‘n les wees!
Korrelkop Kahuna
Musiek het mos nie ‘n ouderdom nie? Die van Helsdingen is ‘n groot fan van Crooners en 60’s musiek, so ek het ook maar oor die jare ‘n bietjie kultuur gekry.
HesterLeyNel
Nee jy’s reg, goeie musiek bly goed, maak nie saak hoe oud dit word nie.
Tannie Frannie
Dink daai haan is die geveerde ekwivalent van ‘n befoeterde rooikop. Oja, en baie dankie vir my nuwe oorwurm (kostelike woord!)…’Daar’s ‘n hoenner wat ‘n eijjer nie kan lêêêê…’
HesterLeyNel
Dis ‘n plesier Frannie 😀 Dalk moet ons ‘n gesamentlike opname maak – nou nie dat ek ‘n wysie kan hou nie, maar toemaar.
Tannie Frannie
kan ek so twee weke daar by julle kom bly – om te oefen…
HesterLeyNel
Ek sê jou, ons moet almal saamoefen.Dit sal nou lekker wees, maar kuiergaste moet by die oord inboek, want my woonstel is nie veel groter as ‘n vuurhoutjieboksie nie. 😛
Eveline Lenderink
Vreselijk is dat he. 😄😄😄😄
Onlangs had ik het met dit liedje.
Het begon toen ik met mijn man in de badkamer stond😄😄😄
https://youtu.be/XyotQ3qoG_Q
HesterLeyNel
hahaha, dis ‘n stoute liedjie daardie!
Eveline Lenderink
🙈
aj vosse
Ek weet… maar dan sal ek moet hang vir my dade!! Of sit… vir ‘n baie lang tyd!!
Well, miskien moet ek vir jou ‘n ander wurm stuur… hierdie een sit in my kop maar ek mind nie. (Het die weergawe laas Donderdag aand op Chris Prior se show gehoor en luister nou oor en oor na die song!!)
https://www.youtube.com/watch?v=YVWaB-jXwvQ
Ek luister nou weer… sommer net vir die grap!! Die U-tjoep het nog ‘n paar weergawes… luister lekker!!! 😉
HesterLeyNel
Hey Otis! Dis baie goed gedoen. Ek sal luister na die ander weergawes wanneer die internet meer lewe het. Ons het stormwinde en reën hier vanaand.
aj vosse
Gits… is dit al aand daar? Julle is nou 2 uur voor ons. Luister julle vir Chris Prior? Hy doen ‘n show elke Donderdag aand, 8 tot 10. Ek kry sy podcasts ook… LEKKER!! 😉
http://1485.org.za/listenlive/
HesterLeyNel
Nee, nog nooit geluister nie, maar ons sal dit probeer. Ons luister heeldag lank na Forest Gold (Essex, UK). Baie onpatrioties!
aj vosse
Ek moet bietjie luister na hulle!! Chris Prior kom van die ou dae… hey speel lekker rock/ blues/ folk en deesdae ook country rock…
HesterLeyNel
Jy moet hoor hoe beskryf my man country music – eers los die ou se vrou hom, dan gaan sy perd dood, dan verkoop hy die perd se saal vir kosgeld en dan loop hy sy stewels se sole deur. Hy reken ‘n mens moet die plaat agteruit speel sodat die man eers nuwe stewels kry en dan sy saal terugkoop en dan ‘n perd kry, ens … 😀 😀
aj vosse
Superb!! Jou man is ‘n ware kenner!! Ek is nie mal oor country nie… jou man het vergeet om die dop te noem… sorry, dis seker hoekom die vrou gewaai het 😉
HesterLeyNel
Dis heel moontlik!
Lewies Mymer
Dis ‘n meneer van ‘n hoenner daai! Witte bille hier by ons, g’n naakstrand!
HesterLeyNel
Haha, die Hollanders noem ‘n saak by sy naam. Hulle het mos nou kastig ‘n naakstrand hier iewers op die Suidkus oopgemaak en die “opgevoede” mense het gebrul van skok. Hier onder op ons strand swem opgeskote kinders sonder ‘n draad klere en dan sit hulle net so in hulle adamspakkies en wag vir die taxi langs die pad. Niemand knip ‘n oog nie.
rondomtaliedraai
Ek is so verkoue geen wurm haan of donkie het ‘n kans nie
HesterLeyNel
Ag nee man, dis ‘n slegte tyd van die jaar vir ‘n verkoue – jy kry hom mos nie afgeskud nie. Kyk mooi na jouself.
rondomtaliedraai
Baie dankie! Ek reken mos altyd – met medisyne 2 weke en daarsonder 14 dae.
HesterLeyNel
😀 Dis dalk waar, maar dit lyk my hierdie jaar kry almal bronchitis en / of griep. As jou gestel eers af is, kan dit jou sleg vang. Ek het verlede jaar Mei so ‘n skermutseling met griep gehad en dit het my lank gevat om daaroor te kom.
rondomtaliedraai
Ai toggie mens kan nie wen nie!
Toortsie
Ai toggie! En voor jy nog die liedjie se naam sê, toe draai die hoender alreeds in my kop ook! 🙁 Dis nie mooi nie. Maatjies maak nie so nie! 🙂
HesterLeyNel
Askusie tog haha 😀
Toortsie
Jy weet, ek het net ‘n woord of ‘n idee nodig en die liedjie spring in my kop! GROOT probleem daai. Baie wurms in die ore!
Olga
Mis ek nou weer my ou hoendertjies so. Naby ons het iemand hoeders. So elke dan en wan laat hoor mnr Hoenderhaan van hom. Dan sal Homer net se ” vergeet dit.” Ai tog, dan het ek nog niks gese nie.
HesterLeyNel
Ek soek nie ‘n hoenderhaan naby my nie. Toe ons in Bloemfontein gewoon het, het Radio Oranje se omroeper soggens vyfuur ‘n hoenderhaan se kraai uitgesaai. Ek het meer as een wintersoggend gedreig om my clock radio in sy agterent op te druk.
Kameel
Hou asb jou hoender vir jouself….. ek soek hom nie. Ken ook hierdie oorwurms wat nie wil pad gee nie. Onthou daardie tyd oor die veertig jaar gelede toe my man “Incy Wincy spider climbing up the spout, down came the rain and washed the spider out, out came the sunshine and dried up all the rain, and Incy Wincy spider climbed up the spout again,” sê terwyl hy aantrek. Daar haak die verdomde spider by my en bly vir dae by my. Sit tot by die werk op die toilet en sê dit hardop op.
HesterLeyNel
My man het ‘n ander variasie daarvan gesing: “Daar’s ‘n groot spinnekop in die k@khuis en hy spin van die dak tot in die k@k”. 😛
Kameel
Gelukkiig het ek nie daardie weergawe geken nie!!!!!!
Salt and Pepper
Enigste manier om van ‘n oorwurm ontslae te raak is om ‘n nuwe een te kry 🙂
HesterLeyNel
Dan het ek tenminste ‘n nuwe oorwurm? haha
Salt and Pepper
Wel, ten minste een waarvan jy hou.