Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

WPChallenge

Oorwurm (earworm)

Hoenderhaan en -hen

Baas van die plaas

Discover Challenge: Song

Mrs. Google has provided me with a definition of an earworma song stuck in your head that you can’t get out.

In Afrikaans sal ons dit dan seker vertaal as ‘n oorwurm. Julle weet nou waarvan ek praat – daardie liedjie wat bly draai in jou kop en waarvan jy nie ontslae kan raak nie.

Die storie met die oorwurm het verlede week begin toe ons inkopies gaan doen het by die Bargain Store (die groothandelaar wat onder meer aan plaaslike plaza shops voorsien). Dis die enigste winkel waar ek in grootmaat niekerbôls, Wilson toffies en Marie Biscuits kan koop. Ja, en dan kan ek sommer petrol ook ingooi.

Dis nou toe met die petrol-ingooiery wat ek sit en rondkyk en daar reg langs die grensdraad sien ek toe hierdie jaarthoenders, die spoggerige haan en sy onderdanige hennetjie, wat daar in die stof loop en skrop vir iets te ete. Net in daardie periode wat ek my selfoon gegryp en die foto hieronder geneem het, kom die oorwurm my toe by. (Vir die rekord, daar was nie eens ‘n kerktoring in die omtrek nie).

Ek het nou al alle boererate probeer: ‘n ander liedjie probeer sing, my maaltafels opgesê, die alfabet van voor na agter en toe van agter af vorentoe opgesê, maar niks help nie. Ek hou aan met sing oor die hoender wat die eier nie kan lê nie. Dis so ‘n catchy tune, luister maar self. As enigiemand weet hoe om die verdomde wurm uit my kop te kry, laat weet tog asseblief.

Hoenderhaan en -hen

Follow Dis Ekke

42 Comments

  1. Dit maak nie veel sin nie. Geen haan, op die kerktoring of elders, lê eiers nie. Dalk moet ons die woorde verander, iets soos:

    Daar’s haan wat by die hoenders nie kan lê.

    • Haha, Afrikaanse tradisionele liedjies maak nie altyd sin nie, maar dit verskaf altyd plesier.

  2. Die enigste manier om van ‘n oorwurm ontslae te raak, is om dit te vervang met ‘n ander oorwurm. Kan ek myne vir jou sing?

    • O jy kan enige tyd vir my sing. Is jy op You Tube en wat is jou oorwurm?

      • Ek is deur die mediese raad verbied om te sing, selfs nie eers in die stort nie. Almal wat my al hoor sing het moes berading kry, so daai hoender gaan nie vlieg nie. Ek sal maar net die woorde neerskryf.
        Die oorwurm gaan so: “Preeeeeeeeeaz rrrrrrrrrealease me, let my goooooo I, dont love you anymoreeeeee” ( Jy moet die erre rol soos ‘n properse Fransman!)
        Dit het begin toe ons in September Namibië toe was. Die bakkie se sitplekgordels het ‘n geneigdheid om al stywer en stywer vas te trek wanneer jy grondpad ry. Toe die van Helsdingen op ‘n stadium daaroor kla, toe sing ek vir haar die stupid verwerking en sedertdien kom die ding in my kop op elke keer as ek in die bakkie klim

        • Engelbert! Nou hoe nou, ek kan sweer jy is jaarrrre jonger as ek. Dis mos ‘n sixties liedjie die. Maar nouja, dis seker gepas as jou veiligheidsgordel jou begin verstrengel hahaha.

        • Laat dit vir jou ‘n les wees!

      • Musiek het mos nie ‘n ouderdom nie? Die van Helsdingen is ‘n groot fan van Crooners en 60’s musiek, so ek het ook maar oor die jare ‘n bietjie kultuur gekry.

        • Nee jy’s reg, goeie musiek bly goed, maak nie saak hoe oud dit word nie.

  3. Dink daai haan is die geveerde ekwivalent van ‘n befoeterde rooikop. Oja, en baie dankie vir my nuwe oorwurm (kostelike woord!)…’Daar’s ‘n hoenner wat ‘n eijjer nie kan lêêêê…’

    • Dis ‘n plesier Frannie 😀 Dalk moet ons ‘n gesamentlike opname maak – nou nie dat ek ‘n wysie kan hou nie, maar toemaar.

      • kan ek so twee weke daar by julle kom bly – om te oefen…

        • Ek sê jou, ons moet almal saamoefen.Dit sal nou lekker wees, maar kuiergaste moet by die oord inboek, want my woonstel is nie veel groter as ‘n vuurhoutjieboksie nie. 😛

  4. Vreselijk is dat he. 😄😄😄😄
    Onlangs had ik het met dit liedje.
    Het begon toen ik met mijn man in de badkamer stond😄😄😄
    https://youtu.be/XyotQ3qoG_Q

  5. Ek weet… maar dan sal ek moet hang vir my dade!! Of sit… vir ‘n baie lang tyd!!
    Well, miskien moet ek vir jou ‘n ander wurm stuur… hierdie een sit in my kop maar ek mind nie. (Het die weergawe laas Donderdag aand op Chris Prior se show gehoor en luister nou oor en oor na die song!!)

    Ek luister nou weer… sommer net vir die grap!! Die U-tjoep het nog ‘n paar weergawes… luister lekker!!! 😉

    • Hey Otis! Dis baie goed gedoen. Ek sal luister na die ander weergawes wanneer die internet meer lewe het. Ons het stormwinde en reën hier vanaand.

      • Gits… is dit al aand daar? Julle is nou 2 uur voor ons. Luister julle vir Chris Prior? Hy doen ‘n show elke Donderdag aand, 8 tot 10. Ek kry sy podcasts ook… LEKKER!! 😉
        http://1485.org.za/listenlive/

        • Nee, nog nooit geluister nie, maar ons sal dit probeer. Ons luister heeldag lank na Forest Gold (Essex, UK). Baie onpatrioties!

        • Ek moet bietjie luister na hulle!! Chris Prior kom van die ou dae… hey speel lekker rock/ blues/ folk en deesdae ook country rock…

        • Jy moet hoor hoe beskryf my man country music – eers los die ou se vrou hom, dan gaan sy perd dood, dan verkoop hy die perd se saal vir kosgeld en dan loop hy sy stewels se sole deur. Hy reken ‘n mens moet die plaat agteruit speel sodat die man eers nuwe stewels kry en dan sy saal terugkoop en dan ‘n perd kry, ens … 😀 😀

        • Superb!! Jou man is ‘n ware kenner!! Ek is nie mal oor country nie… jou man het vergeet om die dop te noem… sorry, dis seker hoekom die vrou gewaai het 😉

        • Dis heel moontlik!

  6. Dis ‘n meneer van ‘n hoenner daai! Witte bille hier by ons, g’n naakstrand!

    • Haha, die Hollanders noem ‘n saak by sy naam. Hulle het mos nou kastig ‘n naakstrand hier iewers op die Suidkus oopgemaak en die “opgevoede” mense het gebrul van skok. Hier onder op ons strand swem opgeskote kinders sonder ‘n draad klere en dan sit hulle net so in hulle adamspakkies en wag vir die taxi langs die pad. Niemand knip ‘n oog nie.

  7. Ek is so verkoue geen wurm haan of donkie het ‘n kans nie

    • Ag nee man, dis ‘n slegte tyd van die jaar vir ‘n verkoue – jy kry hom mos nie afgeskud nie. Kyk mooi na jouself.

      • Baie dankie! Ek reken mos altyd – met medisyne 2 weke en daarsonder 14 dae.

        • 😀 Dis dalk waar, maar dit lyk my hierdie jaar kry almal bronchitis en / of griep. As jou gestel eers af is, kan dit jou sleg vang. Ek het verlede jaar Mei so ‘n skermutseling met griep gehad en dit het my lank gevat om daaroor te kom.

        • Ai toggie mens kan nie wen nie!

  8. Ai toggie! En voor jy nog die liedjie se naam sê, toe draai die hoender alreeds in my kop ook! 🙁 Dis nie mooi nie. Maatjies maak nie so nie! 🙂

  9. Mis ek nou weer my ou hoendertjies so. Naby ons het iemand hoeders. So elke dan en wan laat hoor mnr Hoenderhaan van hom. Dan sal Homer net se ” vergeet dit.” Ai tog, dan het ek nog niks gese nie.

    • Ek soek nie ‘n hoenderhaan naby my nie. Toe ons in Bloemfontein gewoon het, het Radio Oranje se omroeper soggens vyfuur ‘n hoenderhaan se kraai uitgesaai. Ek het meer as een wintersoggend gedreig om my clock radio in sy agterent op te druk.

  10. Hou asb jou hoender vir jouself….. ek soek hom nie. Ken ook hierdie oorwurms wat nie wil pad gee nie. Onthou daardie tyd oor die veertig jaar gelede toe my man “Incy Wincy spider climbing up the spout, down came the rain and washed the spider out, out came the sunshine and dried up all the rain, and Incy Wincy spider climbed up the spout again,” sê terwyl hy aantrek. Daar haak die verdomde spider by my en bly vir dae by my. Sit tot by die werk op die toilet en sê dit hardop op.

    • My man het ‘n ander variasie daarvan gesing: “Daar’s ‘n groot spinnekop in die k@khuis en hy spin van die dak tot in die k@k”. 😛

  11. Enigste manier om van ‘n oorwurm ontslae te raak is om ‘n nuwe een te kry 🙂

Leave a Reply

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: