Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

#WWWP5k

Roffel die tromme! Suidkus bo!

Nguni cattle being herded along the road

Nguni cattle being herded along the road

Dis nou soos wat die Ingelse sê “Drumroll please!”

Ek het hierdie jaar weer ‘n blog gepleeg vir die Automattic’s Worldwide WordPress 5k Challenge vir 2016 en … doen daai dromme-ding asseblief! … Dis Ekke is genoem in Automattic se Recap. Daar trek die Natalse Suidkus en Nguni beeste se fotos die wêreld in. Nou voel ek vreeslik gevlei, so moet nou asseblief nie my ballon prik nie.

Ek het in 2015 ook deelgeneem en toe so ‘n bietjie van ons strandwêreld gewys. Ons Suidkus is darem iets om oor te spog, sê ek mos.

Follow Dis Ekke

16 Comments

  1. Watwou tromme – ek blaas sommer vir jou ‘n trompetfanfare! Welgedaan, Hester, om met jou blog die oog te vang in hierdie wye oseaan van bloggers!

    • Dankie, maar ek is seker die fotos het ‘n groot rol gespeel – dis mos nie moontlik om ‘n lelike foto hier te neem nie!

  2. Ek verstaan daar geen snaps van maar baie geluk!

    • Hahaa, skryf ek so deurmekaar?

      • Nee ek verstaan nie of jy ingeskryf het en of hulle jou opgepik het nie

      • O 😀 Nee, ek het ingeskryf. Hulle doen dit een keer ‘n jaar en dis die tweede keer wat ek deelneem. Jy ontmoet interessante mense so. Ek is nou besig om te gesels met ‘n Engelse dokter wat tans in Indië werk en die mees interessante stories het om te vertel van sy lewe daar in die arm woonbuurte.

      • Ek kan glo dis interessant

  3. One day when I am big and asked about my accomplishments in life I will Automatticly state that I knew Hester Nguni Southcoast Dis Ekke!

    • Knew her? You mean, by the time you are big, she will be long gone? Shew!

      • Oeps herfrasseer (ek blameer dit op my gebrekkige kennis van Engels en ek kan dit bewys het selfs automatic verkeerd gespel…)

      • Nee dis ok en hierdie Automattic het twee t’s hoor? Dis hulle besigheidsnaam. Poef! – daar gaan jou verskoning.

  4. Ons is trots op jou…ek geniet altyd jou blogs terdeë!!

  5. Stem saam met Frannie, trompet geskal en tamboeryne & dromme. SA en Net Ekke bo! Mooi stukkie werk en bekendstelling. Herinner my ook asb volgende jaar dat ek ook bietjie saam stap as dit is. Hier is BAIE stapplekke.

Leave a Reply

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: