My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Dit wat belangrik is

Ou Jaco,

Kyk mooi na hierdie selfoon sodat jy nou my storie mooi kan verstaan. Dis nie my selfoon hierdie nie; myne lê iewers, miskien in my motor, dalk in my handsak, maar hy lyk soos hierdie een en dis wat belangrik is.

 

selfoon

My selfoon se battery is heelwaarskynlik pap. Dis maar oukei, want ek hou nie ‘n selfoon aan sodat jy en ander poepholle my na willekeur kan bel nie. Ek hou ‘n selfoon aan sodat ek hom kan saamvat wanneer ek weg is van my huis af, net in geval van nood. Dis wat belangrik is.

Wanneer ek nie die foon nodig het vir moontlike noodgevalle nie, dan lê hy nou maar rond soos my bont hond. As ek my foon wil laat rondlê met ‘n pap battery, is dit nou maar my saak. Ek kan hom wel opspoor wanneer nodig en sy battery laai en hom dan in my gatsak druk om saam te dra. Dit doen ek so een keer ‘n week, mits dit nodig is vir my gerief en vir noodgevalle. MY gerief, dit is wat belangrik is.

Soms mis ek ‘n oproep, soos wat ek jou baie belangrike oproep Saterdag gemis het. Belangrik vir jou, nie vir my nie. Sondagaand het ek die selfoon uit my bedkassie se laai gegrawe en die battery gelaai, omdat ek Maandag ver moes ry om ‘n kliënt te gaan sien. Wanneer ek op die pad is, wil ek kontak behou met my huisgesin. want dis belangrik vir my, sien?

Dis toe dat ek die missed call van ‘n vreemde telefoonnommer raaksien, asook ‘n voice message kry wat my gebied (nie versoek nie – gebied) om onmiddellik terug te skakel in verband met my masjien wat by die jou besigheid staan en waarvan die operateur nie werk nie. Ek het teruggeskakel; ek doen dit gewoonlik nie, maar in hierdie geval het die saak so dringend voorgekom dat ek gemeen het die masjien ter sprake is dalk ‘n hart-long-masjien of so iets. Sulke goed is belangrik.

Ek het nou nie juis verwag dat jy my skriftelik moet bedank vir my poging om te help nie, maar wat ek beslis ook nie verwag het nie, ou Jaco, is hierdie onbeskofte vent aan die anderkant wat my van ‘n dizzy height af uitkak omdat die call al twee dae lank nie beantwoord word nie. Die call moes baie belangrik gewees het – vir jou, nie vir my nie. Vir my was dit van geen belang nie. Wat wel van belang is, is dat jy ‘n verkeerde nommer gebel het en toe jou slegte humeur op my uitgehaal het.

Maar laat my toe om vir jou te vertel dat ek hoop dat jou ma op een of ander wonderbaarlike manier hierdie blog sal lees en dat sy haar gat af sal skaam vir die swak opvoeding wat sy haar seun gegee het. Goeie maniere is belangrik.

Hier is nog ‘n belanrike stukkie nuus vir jou: ek het ‘n 1000 (lees een-duisend) minute praattyd op my selfoon. Kyk nou mooi na hierdie foon. Wanneer ek weer by daardie winkelsentrum verbyry, gaan ek my soortgelyke foon vat en sy vibration and automatic reply call setting aanskakel. Dan gaan ek die foon in jou gat opdruk en ek gaan myself bel, elke vyf minute, totdat ek al een-duisend minute opgebel het of totdat jy maniere geleer het, whichever comes first (pun intended). Dit sal my humeur laat bedaar en dit is wat belangrik is.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

27 Comments

  1. Griet

    Jaco het ‘n boetie. Sy naam is Stefan. Hy soek nie masjiene nie, hy verkoop mediese fondse. En hy skree ook. Vir my. Omdat ek OOK nie my foon antwoord wanneer hy dit wil he nie. Klink my Jaco en Stefan het dieselle ma, of was ten minste in dieselle verbeteringskool. Baie dankie vir die stukkie raad. Sy selnommer en sy landlynnommer pryk op my foon. Miskien moet ek die hele naweek lank alle foonoproepe wat hier inkom na hom toe divert…..

  2. Hehehehe … die ou gaan beslis tweede kom!

  3. Dis die onpersoonlike afstand wat maak dat mense hulleself so te buite gaan

  4. Mens hoef net die kommentaar van beswaardes en verontwaardigdes op Facebook te lees…

  5. Blerrie otter.

  6. Ek wek onder andere met geskrewe tegniese klagtes. Sommige mense is uiters sarkasties in hulle briewe. As hulle ‘n punt beet het moet daar gedwee om verskoning gevra word, maar sommiges dink omdat hulle baie van iets weet hulle weet baie van alles. Gereeld bel ek van hierdie sommiges(die wat hoogdrawende nonsens praat in hulle klagtes). Ek is nie ongeskik wel assertive en meestal verander hierdie skriftelike leeus in mondelinge lammetjies.

    • Comment by post author

      Ja wel, daarvan het ekself heelwat ondervinding, maar in hierdie geval het hy ‘n verkeerde nommer gebel – ek is nie sy kliënt nie en sal dit nooit wees nie. Onder sulke omstandighede sou ek die persoon wat ek verkeerdelik gebel het en wat my ‘n guns getoon het deur terug te bel (albeit twee dae later), bedank het vir die moeite. Goeie maniere is ‘n seëning.

      • Stem heeltemal met jou saam. Hoop jy het hom lekker gesê 😦

        • Comment by post author

          Abrie, om die die waarheid te sê, ek was so uit die veld geslaan dat my mond vir een keer in my lewe nie met my weggehardloop het nie. Dis eers agterna wat ek besef het dat ek nie die een was wat verkeerd opgetree het nie en nie nodig het om myself te braai oor die feit dat hy verontrief is nie. Dit het darem toe geblyk dat die masjien onder bespreking nie ‘n lewensreddingstoestel was nie, anders sou ek dalk regtig sleg gevoel het.

  7. Kwaaitjie Kabouter?! Vuurklip sal maar lig loop – en sy moubaail is ook net vir noodgevalle …

    • Comment by post author

      Selfone is ‘n blêrrie euwel. Ons het twee wat ons gebruik net vir besigheid, hoewel die meeste van ons kliënte internet-savvy is en met ons praat oor Skype. My persoonlike / private selfoon gebruik ek soos dit my pas. Jaco en kie se holle.

      • Dis net ‘n euwel as jy dit toelaat. Andersins is dit ‘n wonderlike veeldoelige instrument.

  8. Man, maar ek hou van jou!

  9. Bawhaaaaa – lekker lag ek nou!

  10. Oe krokkies… nou’t ek weer lekker gelag!! Ken jy van koeie insemineer? Die gelukkige persoon vat daai jop doun trk gewoontlik sulke laaaaang blou handskoune aan. Nou kry vir you ‘n paar van daai handskoene en bêre jou foon ver!!!

    Nind you… if there is a modern gadget that really pee’s me off it’s a mobile phone!! I’m with you… keep them far away… but unfortunately when one is job hunting one must keep it charged and near!?!

    Lekker naweek… moenie te veel vis braai nie!! 😉

    • Comment by post author

      Dankie vir die saamgesels. Ek het nou-net teruggekom van die visfabriek af met twee braaisnoeke en avokado / jalapeno sous:D MAAR daar val so ‘n pisreëntjie wat die hele naweek gaan aanhou. Ek braai nie in swak weer nie.

      • Ek huil my sopnat!! Nou luister mooi vir my asb dame… as ek in die sneew kan braai is daai ou paar druppeltjies niks nie!!! BRAAI… dis ‘n opdrag!! 😉

  11. Ai ek kom hopeloos te min hier. Wat van ‘n tjoklit koek vir hom = met baie brooklax in.