My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Groenteboer maak ‘n plan

Ek het al by vorige geleenthede geskryf oor ons gesukkel om vars groente en slaaie op ons borde te kry (Ek is deur die blare en Veggies), maar hierdie onderwerp bly ‘n teer punt. Groente is duur en ons moet ver ry om dit te gaan koop.

Daar is eerstens die probleem van die ongenooide gaste wat ons groente uit die tuin steel en daar is veral die een wat niks daarvan dink om vrugte en brood uit die kombuis te steel en dan uit te deel nie; dis nou nadat hy die tamaties in die tuin gestroop het.

Die tuin op die balkon het ‘n bietjie beter gevaar, omdat ons ‘n ogie daar kon hou. Ons maak ons eie bokashi-kompos uit kombuisafval en dit is ‘n groot sukses. Die twee drommetjies neem min plek op, ons het nie probleme met afvalkos nie, want jy kan selfs oorskiet gekookte kos invoeg en die kompos is van uitstekende gehalte. Karen meng dit met gewone tuingrond en stop die mengsel in hessian voersakke. Dan maak sy gaatjies bo in die sakke en daarin word die plantjies dan oorgeplant wanneer hulle sterk genoeg is.

Die ou plantjies is vertroetel en opgepas en dit het lank goed gegaan … totdat dit op ‘n dag nie meer goed gegaan het nie.

Die blomkool wat heengegaan het, was vir Karen nou net eenmaal te erg en daar moes ‘n plan gemaak word.

Onder by die rivier lê daar letterlik duisende riete wat met die laaste groot storm rivier-af gewas is en ons het ‘n paar bondels daarvan gaan optel. Die riete is gemeet en gepas en die raamwerk is aanmekaar gesit met repe wat uit plastiek-inkopiesakke gesny is. Daarvan het ons ook ‘n oordosis in hierdie huis, die plastieksakke bedoel ek, want elke keer as ons winkel toe gaan, bly die plastiesakke wat bedoel was vir hergebruik vergete op die kombuistafel lê saam met die inkopielysie. Deur dit te gebruik vir die “aapkas”, het sy dus twee vlieë met een klap doodgeslaan. Die fotos hieronder wys die eerste klaargemaakte raam en ‘n en nog een in wording.

Slim nè? Geen aap gaan daardie tamaties en blomkole bykom nie. Wanneer dit tyd is om nat te lei, lig jy net die raam op. Die groenteboer het ‘n plan gemaak en die groente is veilig.

Vanoggend sit ons die besigheid so en beskou, baie ingenome met die verloop van sake, toe daag daar weer besoekers op: ‘n klompie vinke wat hulle bes doen om die plastieksakke uitmekaar te ruk (hulle is besig om nes te maak hier onder by die dam) en ‘n spreeu-egpaartjie wat hulle bes probeer om deur die skrefies tussen die riete te kruip agter die tamaties …

Hierdie storie mag dalk vervolg.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

42 Comments

  1. Lekker slim!

  2. Klink vir my of die groente verbruikers sonder toestemming ook plan wil maak! Een van die dae vang julle ‘n aap met ‘n kar jack by die groente ⛺. Behoort egter te werk. (Die raam) maar die kar jack sal ook werk.

    • Comment by post author

      Die ape hier word streng beskerm. Volgens wet mag jy hulle nie voer nie en jy kan ook basies niks doen as hulle hulself voer nie – ons het piesang-, mango-, koejawel- en avokadopeerbome hier, maar ons koop al hierdie artikels in die winkel. Die snaakse ding is dat hulle vrek oor brood en dit moet ons goed wegsteek in ‘n houer in die yskas.

  3. “n Plan is ‘n boerdery.

  4. Nie soos daai anner boer nie! Die een wat sê: As ek lus is vir groente, slag ek ‘n hoender!

  5. Ek het LANKAL terug my groentetuin opgegee. Behalwe al die diertjies wat baat gevind het uit my tuin, is daar nog familie en vriende ook wat groente wil hê want dis mos VERNIET! Hulle dink nie aan al die ure se sweet en geswoeg in die tuin nie! Sterkte vorentoe met jou groentetuin Hester!

  6. ‘n Vragie Hester – watter template gebruik jy hier…?

    • Comment by post author

      Dis die Chateau. Ek het dit gekies omdat dit op die oog af eenvoudig en minimalisties is, maar dis maklik om te “customise” en lyk mooi op enige grootte rekenaar,tablet of selfoonskerm.

  7. Eerstens… 15 uit 10 vir julle planne en pogings!
    Tweedens… steek die ape nie hulle armpies deur nie?
    Derdens… dankie vir die link… ek gaan lees en leer
    Vierdens… dankie… ek het weer lekker gelag vir julle nimmereindigende stryd met die natuur!! Ons voorouers het geweet wat hulle gedoen het toe hulle padgegee het!! 😉

    • Comment by post author

      Ek het ook al gewonder of die riete dalk ‘n armpie sal toelaat, maar tot dusver het hulle nie probeer nie. As dit gebeur, sal ons van daardie plastiek (pvc) ogiesdraad aan die binnekant sit.

      • Julle het ook ‘n plan vir alles!! Ek wens julle net ‘n groot oorwinning en lekker groente toe! (By the way, I’m rather impressed with that site… it fits in totally with the direction I’m trying to take with my life! So, as soon as we get to move I will be ordering stuff!!! )

  8. Dit is nou baie slim!!! Ons praat ook groentetuin maar ons probleem is nie apa nie maar son. Die tuin kry min son.

    • Comment by post author

      Ons son en wind is weer baie vernielsugtig hier op die oop balkon. Dis baie werk ook. Ek verkies eintlik net die low maintenance kruie, slaaiblare en tamaties wat jy graag vars wil hê. Die res kan jy darem gevries koop.

      • Ek is so spyt ons het nie avos langs die pad gekoop nie. Ons seun het ‘n avoboom, en ons het heerlik daarvan geeët, maar toe ons ry was daar net twee wat kon saamkom. Nou wonder ek hoekom die ape nie in die avos invaar nie?

  9. Dit lyk en klink na n goeie plan. My stukkie “tuin” het of geen son of te veel skroeiende son.

    • Comment by post author

      Die riete sorg ook nou vir gebroke son en is gelykertyd ‘n windskerm, wat goed is, want in die somermaande skroei die son en die wind maar die plantjies.

      • Dis regtig n goeie idee ek gaan dit beslis doen want my agtese strokie is so warm 12 uur dat dit nie eers help om dit nat te hou nie. Wil vir my kruie plant omdat dit by my agterdeur is.

        • Comment by post author

          Dis darem maar lekker as jy net gou kan buitetoe hardloop vir pietersielie of vars slaaiblare. My man het by die hotel langsaan in sulke groot houtbokse wat ‘n meter van die grond af staan al die vars kruie geplant wat hulle in die kombuis benodig. Ons “leen” so oor en weer vir mekaar kruisement, gemmer of tumericwortel.

  10. Een heel slim bouwsel ook ook zo netjes!
    Last van apen hebben wij niet maar onze koolplanten zijn vorig jaar totaal opgeten door de slakken.
    Daar begin ik niet meer aan.😄
    Wij hebben niet de problemen van hitte en droogte dus ik heb aardbeien in bakken en verder alleen een siertuin.
    Wij maken ook onze eigen compost ,dat is echt nodig wat wij zitten op pure zandgrond.
    De aarbeien werden vaak door vogels opgegeten maar sinds ik royaal voer met oindakaas en zaden laten ze de aardbeien met rust.
    Met andere woorden, het zijn heke duren aardbeien😄😄😄

  11. Ek sien nog steeds klein apie armpies deur die traalies!! 😉

    • Comment by post author

      Nee, dis te veel moeite vir hulle. Ons sit vanoggend nog en werk, toe hoor ons ‘n geluid by die kombuis. Boetie het by die eetkamer se venster ingeklim en homself kom help aan lemoene, maar hy kan nie alles dra nie en die lemoene rol die wêreld vol. Ons het hom en sy lunch by die skuifdeur uitgesit en hy’s welkom – daai lemoene was bleddie suur.

      • Laat my dink aan ‘n storietjie van my klein dae!!
        My oupa was een stoere boer! ‘n Groot kerk man! Hy het gegloo mens skiet net op ‘n Sondag as daar ‘n Ingelsman in skoot was.
        Die ape het dit geraai! Hulle het een Sondag oggend die mielies ingevaar… pluk een, onder die arm in… pluk die volgende een, onder die selfde arm in. Jy kan jou indink… rye gestroopde mielies die hele land vol! Ek was lekker gatvol vir sweetcorn na ‘n week of so!! 😉

  12. Baie slim en dit lyk kunstig