Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Suiker – sugar

Sugar cane plumes

 

Die suikerbedryf verskaf werk aan duisende mense hier in die landelike gebiede van KwaZulu-Natal, waar daar min ander ekonomiese aktiwiteite en nie juis geleenthede vir indiensneming is nie. Hierdie tyd van die jaar vervoer die groot vragmotors daagliks tonne suikerriet na die rafinaderye toe en die reuk van brandende suikerriet hang in die lug. Dis so ‘n soet reuk soos Milo of verbrande tameletjie.

Op pad na die plaaslike groothandelaar waar die omliggende spazawinkels hulle voorrade koop, het ons oor die Fafarivier se boloop gery en hierdie suikerrietveld se hoë pluime op die heuwels het ons aandag getrek. Die pluime self is by aanraking so sag soos spookasem en ons het een afgesny (nét een, en met verskoning aan die suikerboer) vir ‘n verdere fotosessie.

The sugar industry employs thousands of people in the rural areas of KwaZulu-Natal, where there are few other economic activities and not many opportunities for employment. This time of the year the big trucks transport tons of sugar cane to the refineries on a daily basis and the smell of burning sugar cane hangs in the air. The sweet smell reminds one of Milo or burnt caramel.

On the way to the local wholesaler where the surrounding spaza shops buy their supplies, we crossed the upper reaches of the Fafa River and the high plumes in the sugar cane fields on the hills caught our attention. The plumes are soft to the touch, like cotton candy and we cut a plume (just one, with apologies to the sugar farmer) for a further photo session.


Images by Corné Nel

Follow Dis Ekke

13 Comments

  1. wat een prachtige foto’s, ik ken suiker alleen van in mijn koffie 😉

  2. Mooi fotos: suiker, sugar en son.
    Prof Tin Noakes porbeer sy bes om geur wat in die lug hang te laat verdwyn. Ek drink darem nog suiker in koffie.

    • Ek drink nie koffie nie, maar ek hou van nickerballs – dis hoekom ons die winkel besoek het, jy kan hulle koop in pakke van 100 😀

  3. Die jare toe ons met die Star Seaside kinders gewerk het, was een van die uitstappies na die suikerfabriek toe. Ek het niks van die uitstappie gehou nie, die reuk was nie aangenaam nie. Glimlag ek nou, my man kom nounet kamer binne en ek vra of hy die suikerfabriek onthou….. “Dit wat so stink.” is sy antwoord. Daar het jy dit nou!!! Sonder suiker 🙂

    • Dis nogal ‘n ding om aan gewoond te raak. Voeg by die riet se swart as (roet?) wat so op die stoep kom lê wanneer die heuwels hier rondom ons aan die brand is, dan weet jy.

  4. As kind was dit vir my so lekker om aan n stuk suikerriet te herkou.

  5. PS
    Pragtige foto’s

  6. Pragtigste fotos… ek het al vergeet hoe mooi die riete kan wees

Leave a Reply

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: