Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Ek laat nie aan my byt nie

 

Bite.jpg

Scrapy se Toeka-Tokkel 26 handel oor ‘n byt wat jy sal onthou. Ek kan ‘n paar daarvan altyd onthou, maar nie omdat dit my persoonlik getref het nie. Gelukkig. Dis meer ‘n assosiasie, soos wat net die gedagte aan passion fruit & lemonade my onmiddellik laat gryp na ‘n bottel Eno vrugtesout.

Nee die byt wat ek van toentertyd af in gedagte gehad het, was die sogenaamde love bite, of soos wat die Amerikaners dit noem en definieer, ‘n hickey – a bruise caused by sucking or aggressively kissing another person’s flesh.

Daar in die 50’s en 60’s was die hickey (gewoonlik in die nek waar almal dit kon waarneem), ‘n teken daarvan dat (1) jy daarin geslaag het om ‘n kêrel te vang en (2) presies geweet het wat tussen ‘n meisie en haar kêrel gebeur wanneer die opsitkers se vlam laag begin brand het. Onthou julle nog die dialoog tussen die karakters Rizzo en Kenickie in die rolprent Grease wat in daardie era afgespeel het:

Rizzo: “I got so many hickeys people are starting to think I’m a leper.”

Kenickie: “Hey, cheer up! A hickey from Kenickie is like a Hallmark card when you care enough to send the very best.” So … hy het haar iets gegee wat sy moes waardeer? En waarop sy trots moes wees?

Daar was wel gedurende my skooljare so hier en daar ‘n skooldogter wat haar hickeys trots tentoongestel het. Ek het ook in ‘n fluister-skindersessie verneem dat hierdie effek verkry kan word deur die gebruik van ‘n stofsuier se pyp teen die nek: “Nothing sucks like Electrolux”.

Ek was nooit heeltemal oortuig van die belang of gewenstheid van die hickey-praktyk nie. Een rede hiervoor was heelwaarskynlik dat my pa my sitvlak se velle sou afgetrek het as hy dit gesien het. Die ander rede was dat ek van hickeys bewus geword het om en by dieselfde tyd wat ek kennis gemaak het met Count Dracula se rolprente. Ek het nog altyd gely aan ‘n ooraktiewe verbeelding en net die gedagte aan vampiere (bloedsuiers!) het my nagmerries besorg.

Dit was dus die redes waarom ek nooit heeltemal gemaklik gevoel het met ‘n mond en ‘n stel tande so naby my nekslagaar nie. Enige voornemende seunsvriend is sommer baie vinnig op die hoogte van my stel waardes gebring: “Ek laat nie aan my byt nie! Ek is ook nie ‘n Wilson toffie waaraan jy kan suig nie!” Menige kys het as gevolg hiervan gesneuwel nog voor dit van die grond af kon kom, maar nouja, ek het darem ook met ‘n ongeskonde vel aan die ander kant uitgekom.

Follow Dis Ekke

26 Comments

  1. En dit skryf jy nou na my hond my gister aan die arm gebyt het. Omdat ek na sy seer voet wou kyk, Een van ons is die ander een se evil of ongelukkige tweeling.

  2. Ag jinne hoe lekker lag ek nou vir die Electrolux en jou sêgoed vir die kêrels!Ons was ook vreeslik preuts en sou dit nie oorleef met pers kolle in die nek nie😜😂

  3. Hehehehe jonger mense slaan daardie stadium oor!
    Lekker gelag!

  4. Lekker lag ek….

  5. In my skooldae was dit met n serp verbloem… anders kon jy onder die goedkooo girls tel.
    Ek myself het nooit een gehad nie… mmmhhhh of sal ek se nooit in my nek nie…. lol

  6. Oulik!

  7. Genade mens, nou het ek heerlik gesit en glimlag. Dis presies soos dit toentertyd was met die meisies wat sulke”vaste” verhoudings gehad het. Die tatoo idee klink vir my nogal na n moontlikheid vir vandag. Dankie vir jou byt storie.

    • Ek sê mos, dit lyk asof my gedagtes al hoe verder terugslaan in die verlede. Is dit ‘n ouderdomsding of net omdat ek nou meer tyd het om oor myself en my lewe te dink?

      • Dis eintlik beide. Jy word egter meer geprikkel deur woorde en gebeurtenisse wat gereeld opduik. Mens het dan so baie wat in jou gedagtes opkom omdat jy /mens n skatkis vol van ondervindings in jou brein gebêre het wat weer na vore kom.

  8. Dit het darem ‘nie blywende skade gelos nie. Ons sou met serp om die smoel gestuur gewees het om daardie gedoente te bere.

    • 😀 Interessant hoe dielewe en die omstandighede verander het, nè? Ek onthou dat ons op hoërskool streng verbied was handjies te hou of te styf teen mekaar te sit pouses. Nou sien ons dit nie eens raak nie.

  9. Sê hulle Hester sê hulle 🙂

  10. hehehehe ek lag te lekker… jy is snaaks of ‘n oulike manier hier

  11. Daai’s die dae toe waardes nog waardes was!
    By the way… toe ek begin lees het is ek herhinder aan ‘n paar wolfhond tanne wat hulle merk op by sitvlak gelaat het! Ja… die merke is nog daar! Ek reken die hoed is lankal aan een of ander vergiftiging oorlede!! 😈

    • Hulle sê mensvleis is giftig … bwahaha. Vertel die storie?

      • My oom en neefie was mal oor wolfhonde.
        Toe gee iemand vir hulle ‘n probleem hond. Ek het daar gekuier en nie gesien die hond kruip weg in die skadu nie. Ek het geweet die hond is iewers en hol vir die hek wat seker nie 10 meter van die agterdeur was nie. Onthou jy nog daai “air bricks” met die groot gate?
        Toe ek agterkom die hond my storm jaag ek teen die “air brick” muur langs die hek uit… maar nie vinnig genoeg nie.
        Die springende hond het sy merk gelos. Daar sit ek to bo die muur langs die hek… te bang om the beweeg en met ‘n seer stert!
        My oom het die hond aan die polisie gegee maar die hond was te vol strond vir hulle ook!
        By the way… my tannie het my stert met dettol geskrop… toe het ek ‘n dubbel seer agterwereld! Nee… ek lag nie!!!

        • Dettol was dalk die regte ding vir die kieme, maar sjoe! Ek is maar baie versigtig vir honde

Leave a Reply

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: