My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Storms in Paradys

Voordat ek nou begin met ‘n langdradige storie, wil ek darem die bloggers herinner aan hoe die omgewing waarin ons woon, gewoonlik lyk. Let op die kalm vloei van die rivier, die stil water in die lagoon, die skoon strook sand tussen strand en lagoon, en die uitnodiging van stil water in die getypoel. Paradys.

Ongelukkig kan dinge vinnig verander en Maandagaand het ons die storm van alle storms hier beleef. Aan die wind het ons al gewoond geraak en ons ken van lekker swaar reënbuie en donderweer, asook woeste branders wat op die strand klap en ruis, maar Maandagaand het al hierdie elemente gekombineer om ons klomp (gewese) binnelanders groot skrik op die lyf te jaag.

Die wind het het onverwags van die suidekant af begin woed, die reën is neergelaat by die dromvol en die lawaai van die see se kant af het benoude oomblikke besorg. Binne die huis hoog op die koppie het dit nie beter gegaan nie – die wind het die water so van onder af geskep en by die (toe) staaldeur- en vensterrame inforseer. Ons beste pogings om die vloed in die huis te keer, het ons nog steeds met nat voete gelaat en ons moes tydelik na hoër, droër gebiede ontruim.

Floors under water

Dinsdagoggend het dit steeds gereën, maar ons het deur waterpoele en moddergate gestrompel om te kyk wat op die strand aangaan. Hierdie fotos wys hoe die Mtwalumeriver afgekom en die water in die lagoon saamgesleur het, deur die sandstrook waar ons dikwels rondloop of in die son lê, tot in die oseaan wat minder vriendelik was as gewoonlik.

Die eerste foto is van die oord aan die onderkant van die heuwel se “garden pond” wat skielik ontaard het in ‘n rivier. Die ander fotos is op Elysiumstrand geneem (die deel wat toeganklik was)

Woensdag het ons by die hospitaal deurgebring, waar die man van die huis opgeneem is en nog steeds verkeer, dus kon ons eers Donderdag na die Mtwalumestrand gaan kyk.

Die eerste foto wys die getypoel waarin ons liewer nie op die oomblik sal swem nie; jy weet nooit wie het van die see se kant af oor die wal tot in die poel geswem nie!

Die vermoede is dat meeste van die opdrifsels en gemors met die rivier afgevoer is strand toe.

Die orde in die huis op die heuwel is herstel, die water weggedroog en die nat handdoeke, gordyne en matte is droog.

O ja, en laat dit bekend gemaak word: Beide Telkom en ESKOM het sonder onderbreking voortgegaan met gewaardeerde werkverrigting. Dis sowaar ‘n rekord.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

26 Comments

  1. Hoop hy is gou beter en weer tuis!

    • Comment by post author

      Hy moet nog eers ‘n CT scan ondergaan en jy weet hulle staan tou daarvoor. Die dokter wil kyk of hy dalk ‘n bloedklont ontwikkel het wat die swelling in die bene veroorsaak. Ons sal maar môre weer die stryd aanpak.

  2. Sjoe dis omtrent ontwrigtend!Ek is baie bang vir die elemente…dis nou een ding wat die mens nie kan beheer nie.

  3. Dis verstommend hoe gewelddadig ‘n storm kan wees…jou foto’s illustreer dit so goed! Sterkte vir jou en die man vd huis.

  4. Hoop dit gaan gou beter met die man van die huis en bly dat dit darem nou al opgedroog is in die huis.

  5. As dit so verskriklik droog was, kom die storm mos gewoonlik met meer mag en mening. Ek is so bly julle is okay en hoop die man van die huis is gou weer perdfris.

  6. Sjoe mens kan net verstom staan by die krag van die Natuur wette en hoe als in ‘n oogwink in chaos kan ontaard en verander. Dis met sulke tye wat mens besef ons moet respek hê vir Moeder Natuur. Bly julle het nie groot skade of erge beserings ondervind nie Hester.

  7. Het die storm deurgemaak, maar is bly dat die water uit die huis gebly het. Nee liewe, dit was niks lekker nie.

    • Comment by post author

      Ek is regtig jammer dat julle alweer sulke slegte weer ondervind hier in ons omgewing. My kinders arriveer ook vandag – ‘n hele woonstel vol gefrustreerde vissermanne. Die see se kleur wissel so van modderbruin hier aan die voorkant tot ‘n vaalblou aan die agterkant, weet nie of daar visse is nie.

      • Sterkte met die gefrustreerde vissersmanne…. maar ek glo julle gaan ‘n hond uit ‘n bos uit kuier. Geniet!!!

        • Comment by post author

          Dankie, ek is bly hier arriveer iemand wat my man se aandag kan aflei van die pyne en kwale. Hy kan nog nie behoorlik loop nie en sal doodgaan van verveeldheid, van niks anders nie.

        • My kop draai al om by te hou met wie sê wat. Was jou man nie in die hospitaal vir ‘n bloedklont in sy lies nie? Indien wel vertrou ek hy is nou beter.

        • Comment by post author

          Ja, ons het hom Maandagmiddag gaan haal. Die dokter is tevrede dat hulle behandeling geslaag is en hy voel beter, maar die been is nog vreeslik geswel.

        • Neem aan hy is nou op bloedsverdunning medikasie. Lekker kuier by jou kinders!!!

        • Comment by post author

          en piepiepille ja, sukkel op en af toilet toe … dis ‘n geween en gekners van tande haha

  8. Mal oor jou fotos, snaaks genoeg veral die van die skoene…inspirerend