My vreugdes en frustrasies

Reis, Travel

Piekniek by Mtwalume strandmeer

Seagulls on Mtwalume River lagoon

Op ons daaglikse wandeling het ons al langs die kant van die Mtwalume strandmeer geloop om die winterson op te suig. Ons was nie die enigste inwoners op ‘n gesinsuitstappie nie; daar was ‘n groot versameling seemeeue wat ook besluit het op ‘n waterkant piekniek. Ons het hulle ‘n hele rukkie dopgehou en ek was verbaas dat hulle kuikens so gehoorsaam was.

On our daily walk we strolled along the bank of the Mtwalume lagoon to soak up the winter sun. We were not the only residents on a family outing; a large collection of seagulls also decided on a waterfront picnic. We watched their antics for quite a while and I was astonished that their chicks were so well behaved.

 

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

26 Comments

  1. Het net gister gewonder wanneer jy weer julle mooie wêreld met ons gaan deel!

    • Comment by post author

      Ons kry net so nou en dan ‘n lekker dag. Ons het juis gister weggeglip Hibberdene toe en ek sal later die fotos plaas wat ons daar geneem het. Vandag is weer bibberkoud.

      • Hibberdene! Bittersoet herinneringe wat ek aan daardie plek het…

        • Comment by post author

          Dit klink asof jy die Suidkus goed ken? Dit het die laaste paar jaar ‘n bietjie vervalle geraak, maar daar is nou weer ywerige pogings om die strandgeriewe te herstel tot hulle vorige glorie.

        • My ouers het jaarliks daar gaan vakansie hou en ek self het in die loop van die lewe maar altyd weer by die Suidkus uitgekom om die see te geniet. Ai, hoe verlang ek nou…

        • Comment by post author

          Dis soos wat ek soms heimwee kry oor die Weskus. Ons het vakansies deurgebring op plekke soos Lambertsbaai, Hondeklipbaai, Port Nolloth en natuurlik die Kaapse strande. Ai.

  2. Heel erg genieten!

  3. Die lawaai van die seemeeue in die hoofstaat van onse dorpie laat my altyd wel deeglik besef ek bly in ‘n kusdorp. Musiek in my ore.

  4. Wonderlik

  5. Die junior seemeeue het ‘n identiteitskrises – hulle dink hulle is eendjies eendjies al in ‘n ry. Hou van ju jou parental unit

  6. Te heerlik om daardie kant van die land te sien…jy oos,ek wes!