My vreugdes en frustrasies

Travel

In die rotspoele by Mtwalume

Toeka-Tokkel: Die See is scrapydo2 se opdrag vir die week. Ek het al so baie oor die see geskryf dat ander bloggers seker al sug wanneer ek nog ‘n blog oor die onderwerp plaas, maar vir my bly dit elke dag nuut.

Wanneer dit laaggety is en die see so ver teruggetrek het dat die rotse blootgelê word, spring ons van rots tot rots om te kyk wat in elke rotspoel aangaan.

Soms word klein vissies en ander seediertjies in diep rotspoele agtergelaat wanneer die gety terugtrek. Dan kan jy mooi dophou hoe die skulpies skielik beentjies ontwikkel en begin rondloop of die piepklein vissies onder die rotse uitkom om te baljaar in die water. Die water moet blink-stil in die sonlig lê sodat die seebewonertjies nie agterkom dat daar mense in die rondte is nie. Die geheim is om doodstil op ‘n rots te sit daar waar die branders nie die water kan roer nie en jou skaduwee nie op die water val nie.

Die fotos en video hier onder het my dogter geneem op Mtwalume se strand toe ons twee weke gelede so kuier-kuier tussen die rotse deur geloop het om die laaste van die somerson se strale te geniet.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

22 Comments

  1. Prachtig gekuier tussen de wonder mooie rotsen.

  2. Dit laat my see toe verlang!!!

  3. O, hoe benyyyyyyyy ek julle!

  4. Ek kan net sug, so mooi is dit.

  5. Ek geniet altyd die seefoto’s van jou!

  6. Dis pragtig en die water is so mooi helder. Die see bied so baie jy kan maar aanhou skryf daaroor!

  7. Sonel

    O, glo my Hester. As ek daar kon wees, sou ek ook elke dag daar by die see gaan sit het. Dis sulke tye wat ek wens ons kon almal miljoenêrs gewees het, sodat niemand nodig gehad het om te werk en kon doen net wat hul harte begeer het en een daarvan sou wees om die natuur net so te kon afneem soos jy en jou dogter. Daar is soveel diertjies in die natuur wat so interessant is en niemand gaan staan ooit stil en kyk daarna nie. Dis meestal net die gejaag na geld en oorlewing.

    Pragtige foto’s en video. Dit lyk so rustig en ontspanned. Dankie vir die deel. ♥

    • Comment by post author

      Dankie. Jy is reg, dis heerlike ontspanning. My dogter vang soms vis (ek raak gou verveeld met die visstok) en dan kuier ek so rondom haar met die kamera. Die see lewer elke dag iets anders op.

      • Sonel

        Ek kan net dink. Manlief is ook lief vir sy flyfishing en ja, ek ook. LOL! Dis baie meer interessant met die kamera. 😀

  8. Ek is met jou… die see is altyd nuut!
    Ek wil ook see toe. Ek werk hard daar aan… die dogter bly so ‘n honderd kilometer van ons af… in ‘n dorp aan die kus. Daar is nou naby ‘n huis te huur by een van die strand oorde… ek wil soentoe!!
    Hou duim vas! 😉

    • Comment by post author

      Ek kruis my vingers. Julle sal dit so geniet. Dan is julle sommer naby die dogter (en kleinkinders?) ook. Die ou mense van vroeër het die regte idee gehad – die hele familie van die grootjies af tot by die kleinkinders het almal op een plaas gebly. My seun het die afgelope langnaweek weer kom kuier en noudat hy weg is, is die huis so verdomp stil.

      • Ek sal you goed glo… is dit die seun wat so goed kan swets?? 😉 😉 Ja… dan is ons naby die kleintjies wat jy op my blog sien! (Ons gaan Saterday na ‘n lekker huis kyk!) 😀 😀

        • Comment by post author

          Ja, daai een wat sy ma se naam so slinger. Lekker – ek sal styf duim vashou vir die huis. Die kleintjies sal bly wees om oupa so naby te hê.

        • Daai kind soek seep in die bêk!! 😉
          Die maligheid van Vet Faan?? Ja… dit sal lekker wees… as hulle nie probeer om vir oupa mal te maak nie!! 😀

  9. Ek self is nie groot op die see nie. Ek het beslis beter dinge om te doen as om heeldag op die strant te sit. Maar ek geniet die rotspoele met vissies in. As jy gelukkig genoeg is om dit te kan sien.