My vreugdes en frustrasies

Reblogged

Afrikaaners kan ni spell ni.*

Sien, hier is nog ‘n menz wat ook hierdie dinge raaksien. Ons is nie meer alleen nie.

*wye veralgemening betrokke

Menz is nou nie noodwendig ‘n taalpuris of ‘n spellingnazi nie, maar menz probeer tog maar menz se beste … veral op ‘n openbare platvorm soos Facebook.

Menz vermoed daar is uiterste tekorte in die (banale middelklas) Afrikaner se opvoeding. Menz vermoed dat die gemiddelde persoon nie graag lees nie (en as daar dan gelees word, word niks verder gekyk as die tekenprente of foto’s in die tydskrifte of koerante nie).

Meng daarby Engels in en die saak ruk totaal en al hand uit. Die prentjies wat voor menz se oë afspeel … *giggel*

Hierdie is onlangs raak gelees:

“bearly driven”

“hot Gross buns”

“tjoklet koek risep”

“flooi byte” “flooi buit”

“seer en jik baie”

“klits die eierwit stuif”

“Metric dance dresses”

“paar rand te skor”

“sturfry en sout tert met sturfry vulsel”

“aqua robics” “spiere weer supel” “pensunarise”

“hennops revier” “ryk soos”

“besighuids eienaars”

“slaaghuis”

“ons knuip die stapie kort”

“pekenisees teefie” “maantjie” “gehardkloop”

“yntlik” “biekie” “tane”

“psycological honde shampoo” “juik pille”

“my tweede rad slar teen eksost vas” “hoefeel”

“en in sy heep”

“in aria aflewerings”

“sokkies voel saaitjies groente saaitjies coffee”

“yt verhuur” “om te gan cheak” “kokeroate” “ooorlas” “mens se kope” “hartloop”

“het nie geldjies vir ‘n fearts”

“het gestir haar gekry”

“hardversaaking” “vearts” “hard en waterpilletjies”

“sy eet oryte”

“is so koerip”

Menz vermoed die toekoms wat vir die mensdom voorlê is meestal poerdesmerdes …

Poerdez

Afrikaaners kan ni spell ni.*

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

15 Comments

  1. Lekker blog..ek het nou daar gaan inloer!Ek kry ook die piep as ek kommentare lees en die taalgebruik sien.Gewoonlik word dit met soveel outoriteit gesê,maar dan basuin die spelling en taalgebruik die “kommingeit”sommerso in die hele virtuele ruimte uit!

  2. As ek my op sosiale media sou steur aan die korrekte spelling en skryfwyse, was ek lankal stapelgek, dus doen ek my bes om die flaters te ignoreer, al is dit maar moeilik… Poerdezmerdez is duidelik bewus van die terapeutiese waarde van skryf… 😀

  3. Mens se vingers glip ook maar soms

  4. Erg grappig. 😀

  5. Hoekom spot jy met my Hester?

    • Comment by post author

      Huh? Wat spel jy nou kastig so verkeerd? Buitendien, daar is eerlike foute en daar is slordige taalgebruik; dis no 2 wat my ballisties laat raak.

      • Sommer bietjie jou been getrek. Maar sonder grappies, ek kon baie goed spel… Engels en Afrikaans, maar met die ouderdom saam raak ek al meer onseker oor spelling…. simpel woorde soos lei of ly 🙁 Vind ek moet die woordeboek almeer nadertrek. Alweer ouderdom se skuld!!!

        • Comment by post author

          Ek dink ‘n mens raak net uit oefening. Ek belowe jou, ek kan beswaarlik deesdae optel en aftrek, vergeet van maal en deel, maar ek kan Excel formules skryf om vir my somme te maak! Hang af waarmee jy jou besig hou. Dan natuurlik, die soort Afrikaans wat die skrywers en digters praat, is baie ver bo my vuurmaakplek. Ek het onlangs kommentaar deur Breyten Breytenbach gelees wat my kakebeen die grond laat slaan het – ek het net so ‘n vae idee waarvan hy gepraat het.

        • My swaer (sien hier twyfel ek alweer aan die spelling) kon so Afrikaans praat dat ek partykeer nie seker was wat hy sê nie. Ek dink hy het swaar gekry tussen ons Engels/ Afrikaanse huisgesin wat die taal so meng. Hulle seun is met ons dogter getroud… dus het hulle baie hier gekuier.

  6. Ek vertel jou hierbo van my swaer wat so goed Afrikaans gepraat het…. dan sluit ek af met hulle seun is met ons dogter getroud… menende dat nefie en niggie met mekaar getroud is. Hy was dus my swaer en skoonbroer? Skoonbroer klink nou nie reg nie!!! My suster het altyd gesê as ek en sy goed klaarkom is ek haar suster, maar as ons vassit is ek haar skoonsus. Skoonbroer klink rêgtig nie reg nie!!! 😯