My vreugdes en frustrasies

Reblogged

Reblogged: April A to Z – Y is for Yellow!!

Image by A.J. Vosse of the blog Ouch!! My back hurts!!

Wie het gesê dat die internet mense daarvan weerhou om ordentlik te kommunikeer en om saam met vriende te kuier? Onsin sê ek. Ek het in April deelgeneem aan die AtoZ Challenge waar ons 26 dae lank elke dag ‘n blog moes plaas vir elke letter in die alfabet. Op diè manier het ek nuwe vriende “ontmoet” in die kuberruim, vriende wat doer ver woon, maar wat nogtans kan saamkuier so al asof ons saam op die stoep sit en gesels op ‘n heerlike Sondagmiddag. Op hierdie manier het ek ‘n vriend ontmoet wat daar in Ierland woon en ons het lekker gesels. Ek kon my ook verwonder aan sy pragtige fotos en die laaste gallery wat hy geplaas het, in geel wat die hartsnare raak, het my sommer laat dink aan William Wordsworth se gedig oor Daffodils. Toe ek dit vir hom genoem het, het hierdie takentvolle man sommer vir my ‘n gedig geskryf. Is waar, ja – gaan kyk daar onder die kommentaargedeelte is my gedig. Kyk sommer na sy mooi fotos en gesels met die man; hy verlang terug Suid-Afrika toe en hy hou daarvan om die taal te praat.

So… the second last day of the challenge arrives. Why don’t we wind down on a bright note? Why don’t we celebrate spring and summer and the joys of bright, bold yellow? As I’ve been having field days with galleries I may as well throw in one more? You’ve gotta agree with me, they are fun! OK… without much more fuss… here’s a yellow sensory overload!

Read the original via April A to Z – Y is for Yellow!! | Ouch!! My back hurts!!

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

12 Comments

  1. Dankie… jy laat my bloedrooi bloos…
    Jy weet ek kruip veg en is ouderdoos
    nou’s ek eers dors en my kop is voos
    ‘n doppie Ierse whiskey sal my troos!
    😉 😎 😉

  2. Het nou by jou vriend gaan lees…baie mooi blog wat die man het!

  3. Ek het ook so Hollandse blogger wat elke dag kom lees Dis lekker want mens leer lekker nuwe goed

  4. Ek sien nou weer al die bokkie wat ons daai dae kwyt geraak het!
    Daar’s iets met die blad… hy spring rond! 😉

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dis omdat die fotos nie almal ewe groot is nie en my tema hanteer dit nie so goed in ‘n carousel nie. Boonop sien ek dat met die verskuiwing van .com na my self-hosted blog het die skakel na jou blog toe sommer weggeraak. Ek het die carousel afgehaal, want die lesers is eintlik veronderstel om die fotos te gaan bekyk op jou blog. Dankie dat jy my gesê het.