Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

N: Name

I was named Hester Helena for my mother, whom everyone called Hettie and my maternal grandmother, known to all as Hessie. I am not at all in favour of nicknames and prefer to be known by my given name.

Lately, I started wondering about the origin of this name – who was the first Hester Helena whose name was handed down over three generations known to me? I well knew that in earlier years in South Africa, Afrikaners tended to name their children after ancestors and the identical christian names recur in more than one generation, despite the fact that the surname may have changed through marriage. These days it is no longer fashionable and no fuss is made about the old naming conventions. My husband says the reasons for this is that grandparents, uncles and aunts no longer bequeath farms or large sums of money to later generations. 😀

A few weeks ago, whilst playing around on the internet, as I tend to do when deadlines are looming and I get more and more agitated, I stumbled onto a website where one can research family trees. Immediately I felt the compulsion to put the work aside and go searching for the first known Hester Helena in my maternal family tree.

To my utmost surprise, I was connected, within a space of little more than a week, to almost 600 relatives. I started investigating and decided that this is no thumb sucking by the website administrators, as I immediately recognised a familiar string of christian names and surnames. I was astounded when I found a few old photos on the site that my mother has had in her photo albums for many years.

This is what I learned from my research so far:

Great-great-grandparents (unfortunately no photo available): The very first Hester Helena that I could identify as a direct predecessor was my great-great-grandmother Hester Helena Rossouw (born Bosman in 1834), who was married to Petrus Andries Gerhardus Rossouw.

Great-grandparents (see photo 1 below): Petrus Andreas Gerrit Rossouw (born 1943) and married to Johanna Cornelia Rossouw (born Engelbrecht 1857)

Grandparents (see photo 2 below): My great-great-grandfather named his daughter after his mother – Hester Helena Hanekom (born Rossouw 1886), who married Andries Johannes Hanekom (born 1874). Both my grandparents passed away before my 8th birthday.

Parents (see photo 3 below): My mother, the second daughter in the Hanekom family (born 1918), was named Hester Helena Elizabeth. The name Elizabeth had been added to honour a great aunt who passed away at or around the time my mother was born. She married my father Nicolaas Servaas Ley (1901), a widower 17 years older than herself and with six daughters from his first marriage when she was 23 three years old. Brave woman.

And then there was me (photo 4 below): I was my mother’s only daughter (born 1951) and, of course, I was christened Hester Helena. I married Jacobus Daniel Nel (born 1952) and we have two sons and a daughter. No, my daughter was NOT named Hester Helena, a fact I now bitterly regret.

I am looking forward to ‘meet’ more relatives on the net.

Die ‘ontmoeting’ met die voorsate genaamd Hester Helena op die internet het my nou sommer nostalgies gelaat. Die naam kom voor in baie van die verskillende vetakkings van die familie. Ek sien vanne wat ek nooit voorheen sou vermoed het familie te wees nie; dit maak nou nie saak hoe verlangs en afgewater die verwantskap is nie, ek kry sommer die gevoel van ‘eie familie’ aan die bas.

Dit het my so effe gepla dat ek my dogter nou so sonder seremonie uit die erflyn uitgestoot het deur haar nie die familiename te gee nie en ek het versigtig verneem of ek dalk haar name moet verander. Sy het net een wenkbrou baie hoog gelig en haar kop geskud; ek neem aan dis ‘n ‘nee’.

Ek is vas van plan om verder navorsing te doen oor die voorgangers van my groot-groot-moeder en ek gaan probeer om ‘n foto van haar op te spoor. Dis seker maar die ouderdom wat nou sy weemoed oor my kom uitstort, want toe ek jonger was, was ek danig vies vir my ma omdat sy my hierdie name gegee het. Hoekom? Want my voorletters (HH) – (HAHA) het telkens almal aan die lag wanneer ek dit hardop sê. Ek het nou die gewoonte aangeleer om dit in Engels te sê.

Baie groete en ‘n lekker naweek vir almal,

HAHA

Follow Dis Ekke

35 Comments

  1. Baie interessant Hester! Ek het ook een van die name wat in al my ma se susters en broers se kinders voorkom. Van almal is ek die enigste wat Aletta gebruik, die ander is Lee, Lettie, Alet en Alta.

    • Ek hou nogal vreeslik van die ou familiename, voluit – bedoel ek. Ons my man Jac, want hy hou niks van Jacobus nie. Hoekom nie? Ek dink dis mooi.

  2. Die stamboom is darem maar n interessante ding. Die tweede dogter moe die ouma van moeders kant kry, wat ek ook gekry het. My seun het my man se name wat ook sy pa se name was.

    • Ek dink dis ‘n baie mooi tradisie en ek is nou spyt dat ek dit nie na behore gevolg het nie. Die probleem, veral op die platteland naqtuurlik, is dat dit moeilik word om te onderskei tussen grootoupa, oupa, pa en seun. Haai, dit gee my nou weer ‘n idee vir ‘n latere blog – byname!

  3. Dag sê HH!!

    Ek moet sê… ek het nou lekker gelag… haha!!
    My ma het die aapstuipe gekry as iemand haar Hessie genoem het! Maar, kinders sal maar altyd kinders bly en so eendag loop my ma in toe ek en ‘n paar van my neefs lekker gesels oor Hessie. Ja… ek voel nou nog die klap teen my agterkop! 🙂
    Would you please pass on that link? We’ve often spoken about tracing my past… I don’t really have much knowledge about my father’s side of the family line.

    Dankie weereens vir die lekker lag… haha!! 😀

    • https://www.myheritage.com ek hoop jy spoor familie op. Dis vreeslik interessant om te sien hoe dit inmekaar steek.

      • Dankie… ja, ons het al op geleentheid ‘n bietjie gekrap. My vrou het ook ‘n interessante boom so ek kan my wel voorstel hoe dit sal lyk waar die twee bome bymekaar kom. Nee, miskien kan ek nie! 😉

  4. Kan nie wag om te sien wat jy met byname gaan aanvang nie – jy skryf so onderhoudend, altyd met daardie fyn draadjie optimisme, ‘n glimlag en so ‘n tikkie selfspot.

  5. Mooie Hester. Sit ek nou met ‘n familienaam wat almal laat wonder of my Pa nog ‘n seun wou hê. Heerlik gelees.

    • Is daar ‘n storie agter jou naam?

      • nee wat net by my Ouma en Ma ge-erf . Drie name vreeslik, my Ouma was self nie be-indruk nie, dit was Nederlandse spelling met die afbrand van ou dokumentasie of verdwyn daarvan in oorlogjare , is haar doopseel weg en sumier verander Ouma toe haar Nederlandse Dirkje na Dirkie.. fooitog nie dat dit makliker gemaak is nie. Mansnaam bly mansnaam . Sy het altyd as Dirkie bekend gestaan my Ma(selfde erfname) op die tweede naam se verkorting as Wouda.

      • Ek het op facebook gesien jy noem jou dogter Woudie en gewonder waar kom dit vandaan. Dis ‘n besonderse naan.

      • Woudie-Marie (strepie op e) twee Oumas benoem Wouda en Maria. Woudie was de vieste in toe iemand (kennisse) haar naam vir haar baba dogtertjie gee.. ha ha sy voel sy’t alleenreg op haar naam .

      • 😀

  6. sheilaspostcards

    I arrived at your blog a little while ago, via the A-Z Challenge, but of course with a little detour to the MyHeritage site. Unfortunately there were no matches but my family history is complicated.

    • I only started this research a few days ago, but already I am so lost within my own family tree, I don’t know how to find my way out 😀 Thank you for the visit.

  7. Interessant Dankie vir die deel

  8. Hello there 🙂 ,
    Lovely pictures…and a great concept ..family tree hmm i must make one for myself i believe..really inspired!!! All the best for the Challenge:) You are already half way through the challenge..Looking forward to read your posts during April.
    Stopping by today as part of the #AtoZChallenge Minion Activity 🙂
    @sneha_sasi from
    Life As a Potpourri
    Am a Minion for Holton’s Heroes

  9. Dis nou interessant!Ek haat my name,want dis Nederlands en baie onbekend en ek moes alewig dit spel en kyk hoe mense se oë rek!

    • Seker ook na ‘n voorsaat vernoem?

      • Jip…na my Nederlandse ouma,wat ek nooit gesien het nie en waaroor ek so spyt is.Ek moes haar maar leer ken op foto’s.

      • Dit laat jou amper wens daar was internet-blogs in daardie jare, om al die fotos en staaltjies oor te dra.

  10. Dis baie interressant. Ek sal ook graag eendag ‘n bietjie wil navors oor my voorsate. Ek weet ‘n klein bietjie maar nie te veel nie. Ek is bv vernoem na my oumagrootjie Christina (verkort na Chrissie) wie ‘n baie moeilike vrou was. Ek het op ‘n dag in my jong jare gesê: noem my op my doopnaam en stop met al die ander name wat daarvan afgelei is. Aan my pa se kant was ons voorsate van die eerste Franse Hugenote gewees (die van het later ver-Afrikaans na Jordaan). Aan my ma se kant is dit 100% Nederlands (en ek is dankbaar ek het nie die Gertruida-naam geërf nie).

    • Gertruida is nie so sleg nie! 😀 Ek is nou so verdwaald in my eie stamboom, ek is nou al by agt geslagte terug tot in Amsterdam en ek sien hier kom ‘n nuwe obsessie aan!

      • Haha, dit kon Gertruida of Gezina Maria gewees het (my ander ouma) Enige een van daai sou nie vir my gewerk het nie! Geniet dit, die geskiedenis is interressant en eendag sal jou kinders se kinders dankbaar wees vir jou navorsing.

  11. Een mooie Challenge is het; ik denk er ook over hier iets mee te gaan doen (nu baie druk met nieuw werk… 🙁 ) Leuk verhaal! Kan me zo voorstellen dat jij spijt hebt dat jij je dochter niet Hester Helena hebt genoemd – maar ook dat jouw dochter dat juist NIET erg vindt. Ik ben ook de eerste vrouw in de lijn die niet vernoemd is en ik ben erg blij met mijn ‘andere’ naam hoor… 😉

    • Ja, dis wat my dogter ook sê, sy verkies haar eie, unieke naam; sy weet wie sy is en hoef nie geïdentifiseer te word deur ‘n naam nie. Ek het darem seker gemaak dat haar naam en foto by my familieboom ingesluit word.

  12. Dit is nou baie interessant. Ek is vernoem na my oupa aan moederskant, was die 2 e seun. Sal bietjie daar webblad besoek. Daar is heelwat bekend van 2 kante van my ouma Mentz en my oupa Bruwer. Dalk sien ek iets van die Coetzees en die Roose,

  13. Jy is HH ek is MA…. was altyd gevra en hoeveel kinders gaan jy eendag hê MA. Vervies my so by die werk eendag (nog voor my troue) en ewe sarkasties 8. Min wetend dat ek sowaar eendag die ma van agt kinders gaan wees.

Leave a Reply

Theme by Anders Norén

Back to Top
%d bloggers like this: