My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

J: Jockey

J

During my years in the corporate world I always had a huge problem with meetings and conferences. I get bored and irritated very easily and please believe me, valuable time that could have been spent on productive management and / or bringing projects to a close, is spent on unnecessary meetings where meaningless topics are discussed. Irritation deluxe.

At some point business-speak became more important than business-planning / management / productivity / profitability / … Rather than the so-called “strategic planning” which the convener usually proclaims to be the purpose, meetings seem to be directed at shifting the blame, griping about real or imagined issues and, of course, impressing the boss. Jockeying for position, it is called. The minions want to impress the boss and the boss desperately wants to impress his / her boss, who attained the senior position in the first place because of his / her ability to talk the talk, rather than walk the walk.

So, the minions sit there quietly, once again being told to hit the ground running. Where to this time? It doesn’t matter, someone has already moved the goalpost. Is the work load not too heavy? No, the way to eat an elephant is one bite at a time. Elephant? I thought we were discussing horseshite. Yes, let’s get back on track and bet from the same race form.

If any issues remain unresolved (meaning all of them), we’ll set up a follow-up meeting. BUT, let’s not flog a dead horse.

Jockey

Terug op die vloer waar die werk op die hoef gedoen word, het iemand nou weer ‘n verkeerde perd opgesaal en die kar is voor die perde.

Wat doen ons nou? Ons gaan nog ‘n dringende vergadering belê. Dalk kort ons ‘n nuwe jokkie, ‘n perd van ‘n ander kleur, iemand wat perdedrolle vir vye kan verkoop.

Ons moet nou saamtrek in die tuig (ons praat nou van karperde?), want aan die einde van die dag sal net die perde wat die hawer verdien, dit kry. Janee, ons soek bonusse – daar hoor jy dit nou uit die perd se bek. Gaan ons nou uiteindelik ‘n strategie uitwerk om die perdewa deur die drif te trek? Gmf, ja, wanneer die perde horings kry.

*Runnik*

Scrapdo2 dankie dat jy my weer herinner het aan donkies en perde en Chris Blignaut. Dis lekker om saam met jou deel te neem aan A-Z Challenge.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

14 Comments

  1. Slimme inskrywing! En waar! Ken jy Dozi se weergawe van Ou Ryperd? Vir my is dit nog beter as Chris Blignaut s’n.

  2. Jockeying for position – ek is mal daaroor!

  3. Ek rinnik saam… soos ek al die drolle duck and dive!!
    Uitstekend vertel… en dankie vir al die herhindering van die ou gesegdes… dit laat my huis stal toe verlang… op ‘n perde draf stappie! 😉

  4. Lekker gelees aan die “jargon”. Ek verstaan wat jy sê van nuttelose vergaderings wat net tyd mors. In daai tyd kon ‘n klomp werk gedoen word!

  5. Nuttelose woorde en vergaderings is sekerlik van die frustrerendste dinge,veral as daar ‘n paar koperasems is wat heeltyd hul eie beuels blaas!Lekker geskrywe.😃

  6. Lekker slim!

  7. Sonel

    Whahahaha @ perdedrolle vir vye. So lanklaas daardie uitdrukking gehoor van iemand anders. Dis een van my gunstelinge. LOL!

    Ek haat enige vergadering en dit is gewoonlik nutteloos. Meeste van hulle is soos jy sê en dis nog meer irriterend en ja, dit kos nie veel om my te irriteer nie. 😀

    Lekker gelag vir jou pragtige inskrywing soos gewoonlik Hester. Dankie. 😀 ♥