My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

F: Fontaine

F

We love our early morning walks on the beach, especially over weekends, when work is put on the back burner. It is always a treat to see these little crabs coming forth from their holes in the sand and form a line along the edge of the water. They all wait for that perfect wave and then they surf away (where to?) on the outgoing tide.

This past weekend we decided to sit on the sand and wait for them, to see whether they return to the same holes. The tide started coming in and we noticed these curious little fountains springing up where formerly the little crabs burrowed into the sand.

(Sorry, the video was made on a cellphone and the quality is not good).

Ons woon nou ‘n jaar lank in ons “huisie by die see” en ons ontdek nog elke dag dinge waarvan hierdie binnelanders nooit voorheen geweet het nie. Sulke klein dingetjies soos hierdie fonteintjies hou steeds ons aandag gevange.

Ons het besluit om volgende keer te wag vir die krappies om terug te keer sodat ons kan sien of hulle nuwe huisies grawe, of dalk terugkeer na hulle ou gate. Dit gee ons ‘n goeie verskoning om ‘n hele paar uur op die strand rond te lΓͺ terwyl ons wag vir die gety om te draai πŸ˜€

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

21 Comments

  1. Te oulik. Fonteintjies in die sand.

  2. Sonel

    Jinne, dis tog te oulik van die krappies Hester en ek love die video! Mens sal nie sΓͺ dis ‘n selfoon video nie. Miskien moet ek eendag my ou foontjie se video ook probeer. πŸ˜€

    Dis so interessant om hierdie klein diertjies dop te hou en ek hoop daar is nog videos op pad. Ek sal baie daarvan hou om dit te sien.

    Baie dankie vir die lekker pos. Ek kan sien jy geniet dit vreeslik daar. β™₯

    • Comment by post author

      Ek moet bieg dat ek sommige dae net mooi niks wil doen nie, behalwe om op die strand rond te loop. Ons gebruik gewoonlik die selfoon se kamera (my foon is plat en sit snoesig onsigbaar in my broeksak), want dis bietjie gevaarlik om met kameras te loop.

      • Sonel

        Ek neem jou glad nie kwalik nie. Ek sal net op die strand wil rondloop. Sulke tyd moet mens maar net ‘n biljoenΓͺr wees dat jy net heeldag so iets kan doen. πŸ˜€

        Ag, dis sleg dat mens nie eers met ‘n kamera kan rondloop nie en dis ook so duur dat jy nie eers ‘n aanvaller met dit sal wil doodslaan nie. πŸ˜†

  3. Dis te pragtig! Die natuur is darem vol verrassings. Jy gee my nou ‘n idee vir die letter H – hermit crabs. Dankie!

    • Comment by post author

      Ja, ek sien uit daarna. Snaaks, dis die klein dingetjies, soos ‘n akkedissie buite op die muur, wat altyd my aandag vang. Ek is seker hier by ons is nog baie seediertjies waarvan ek nie eens bewus is nie.

  4. drkottaway

    Wonderful…. I love our beaches here even though the water tends to be around 51 degrees f…. not lovely for swimming unless you are a kid or have a wetsuit!

  5. Lekker rond lΓͺ!! πŸ˜‰

  6. It’s interesting, I’ve never noticed where the little crabs go after they escape from the hole in the sand. Usually I’m more worried about them pinching my toes. πŸ™‚

  7. Te oulik! Ek geniet jou inskrywings elke keer

  8. Jy dink die interessantste goed uit,dankie!Die video en fonteintjies is baie oulik.

  9. Ooooo, hoe verlang ek nou see toe…

  10. Laat my nou aan daardie aand dink….. nee wag, dit is ‘n storie wat ek nie in die publiek kan vertel nie.