My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

B: Barbecue & Braai

B

Barbecue (or Braai as it is known in South Africa) refers to the roasting of red meat, poultry or fish over hot coals. Sometimes vegetable kebabs, breadrolls, salads, potato bakes and dessert are also added to the menu.

To my mind, however, there is a huge difference between a Barbecue and a Braai:

A Barbecue is a formal occasion where stylishly dressed guests sip champers and martinis while they wait for the food to be served up at a table, by equally stylishly dressed catering staff. Guests eat from porcelain plates and make use of cutlery and linen napkins. They discuss world politics, but there is hardly ever a difference of opinion, as they all belong to the same Party.

A Braai is an informal get together in someone’s backyard or at a camping ground. Casually dressed family members and friends are drinking beer (straight from the bottle or can is acceptable) or mix their drink of choice with the soft drinks available in an ice box. When the meat is done, guests are expected to serve themselves from the grill and the salad bowls on a side table. The atmosphere is relaxed and everyone enjoys the outing.

Then there is a third category, which I call the Brannas Braai. These are attended by seasoned Brannas (brandy and coke) drinkers on the occasion of a big sports event, which they play from the couch while watching the game on television. Afterward, the men tend to gather around the grill to replay the game or to discuss politics and policies, none of which would make sense to a sober person. The food is of secondary importance. Sometimes the Brannas Braai is attended by the wives, sitting in a circle away from the fire and out of  reach of the smoke. They nurse a glass of coke, gnashing their teeth and smiling politely, waiting for the hour in which they can make a polite escape.

Ek drink so een of twee keer per jaar … miskien … ‘n halwe glas bier en vermy die Brannas Braais soos die pes. Ek vind geen plesier daarin om te luister na dronk mans wat stront praat en vrouens wat voorgee dat alles wel is in hulle lewens nie.

So nou en dan sorg die Brannas Braai egter vir ‘n goeie storie. So vertel ‘n vriend van ons van die paartjie wat die Sondag moes laat doop, en die familie het van ver af opgedaag vir die geleentheid. Sondagoggend in die kerk, toe die dominee die ouerpare na die kansel toe roep, is die paartjie en hulle baba nêrens te vinde nie. Die dominee besluit toe om na die diens ‘n draai te maak by die Broer en Suster om uit te vind wat die probleem is. Dis toe dat hy afkom op die hele familie, nog steeds vas aan die slaap op die sitkamervloer en buite op die stoep, met leë bottels en glase oral sigbaar. En daar op die rooster lê die skaaptjoppies en wors nog net so … die vuur is nooit eens aangesteek nie.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

29 Comments

  1. leannelc

    In Australia it is just a barbeque – casual and friendly – with the men cooking and the women making the side dishes. It’s a great tradition here too.
    Leanne @ cresting the hill

  2. Lekker man! Ek mis nou sommer n regte braai. Hier is n Suid Afrikaanse winkel in Petone(so 20 minute se ry van Upper Hutt) wat boerewors verkoop. Maar ai dis nie dieselfde nie. Hul gebruik gas braaiers. Daar is niks so lekker soos n regte hout vuurtjie en gehoute braaivleis nie..

    • Comment by post author

      Goeie braaihout is soms ook maar skaars hier en dan gebruik ons die “kole in die sak”, maar jy’s reg – die reuk is nie reg nie.

      • Ek het nog nie kole in die sak hier gesien nie. Hul gebruik bv hier nie kole om hul verwarmers te stook nie. Alles is hout!

        • Comment by post author

          Ons het op die platteland ook hout gebruik. Die warmwatertoestel (donkie het ons dit genoem) was net buite die kombuisdeur en het kokende warm water verskaf. Ons het ook nog een van daardie swart houtstowe in die kombuis gehad en ‘n regte kaggel in die sitkamer. Deesdae is alles òf elektries òf gas.

        • Ja, ek ontou ook nog die donkie en die swart houtstoof. Ons het later net gas gebruik. My pa het nooit die elektrisiteit laat aanlê nie(dit was 1960 -1980)

        • Comment by post author

          Ons het ook in die middel 60’s begin gasstowe gebruik, maar ek was nog nooit gemaklik daarmee nie. Ek het ‘n gasbraai wat ons buite gebruik, maar gelukkig het die meeste huise hier rond ingeboude elektriese stowe.

  3. Daai vleis lyk so goed dat nou eers ‘n bietjie wil swets! Gelukkig drink ek ook net twee keer per jaar… voor jaar en na jaar! Maar nooit branewyn nie!! Ek kan die goud nie in my keelgat af kry nie! 😉 Lekker braai daar waar die warm weste wind waai!! 😉

  4. Gelukkig ken ek min mense wat ‘n Brannas- Braai doen.Ons het meestal gesellige familiebyeenkomste met almal nugter en klem op die lekker kos.
    LOL vir daai doopgroep!!

  5. Hier word dit sommer ‘n barbie genoem (kort vir barbecue) maar dis net so informeel soos ‘n braai. Ons doen dit sommer by die see of in die park ook. Dis nou ‘n snaakse “Brannas braai” storie!

    • Comment by post author

      Ja, ek is net bly ek het nie gaan braai nie. Ons het ook nogal heelwat braaiplekke hier by die strande, maar sommiges word swak onderhou en bemors. As jy egter weet waarheen om te gaan, kan dit ‘n heerlike uitstappie word.

  6. MMMMMM dit lyk heerlik!

  7. Eish, branna braai’s klink ook eerder die een wat ek sal vermy!

  8. Ai, jai, jai, die laaste storie is ‘n ander een! 🙂

  9. Sonel

    hahahahha! Hoe lekker lag ek nou vir die lot wat so lekker geparty het dat hul vergeet het daar is ‘n doop die volgende dag! 😆

    Ek was ook een keer op ‘n Brannas braai, soos jy dit noem. Ek noem dit iets anders. Kan nie die naam hier gee nie. LOL! En dit was geen plesier nie. Jy is reg, die dronk mans staan eenkant om die vuur en praat die grootste klomp nonsens en die dronk vrouens sit en kyk vir mekaar en tog so bang haar man kyk vir ‘n ander vrou en kry onsedelike gedagtes. Jig!

    As ons braai, dan is dit net ons huisgesinnetjie en dan gryp manlief sy kitaar en sing vir my en dan geniet ek my Shandy of ‘n glasie wyn. Niemand ‘paar’ af nie en almal teenwoordig geniet die aand. Dis hoe ‘n braai moet wees né?

    • Comment by post author

      Ja, dit is. Ons braai verkieslik vir Sondagmiddagete (te veel muskiete in die aand) en agterna is daar die middagslapie om na uit te sien.

      • Sonel

        Ja, die mislike goed! Ek en ‘n muskiet is glad nie maaikies nie. Nou kan jy sien hoekom moedig ek my spinnekop vriende so aan. 😆

        • Comment by post author

          Jaaa, ek dink nie dis die spinnekop self wat my pla nie, maar die web wat hulle spin. Ons het gelukkig baie gekkos waarmee ek wel kan saamleef 😀

        • Sonel

          hahaha! Ja, daai wat jou vinnig in ‘n Ninja laat verander. 😆

          Ons het ook ‘n paartjie wat op die stoep onder die dak leef. Dis te dierbaar om te sien hoe hul as dit aand word by die stoeplig gaan sit en wag dat ons dit aansit sodat hul goggas kan vang. 😀

        • Comment by post author

          Ons het een wat op die kombuis se vensterbank kom jag (ons blinding bly oop). Hy ding mee met ‘n padda, onbekend aan my, wat loodreg teen die ruitglas loop sonder om af te val. Hy moet gom aan sy voete hê.

        • Sonel

          LOL! Ek kan my ook altyd verstom aan hul vermoë om so teen die mure te hardloop. Te outgat! 😀

        • Comment by post author

          Jaaa, ek dink nie dis die spinnekop self wat my pla nie, maar die web wat hulle spin. Ons het gelukkig baie gekkos

  10. Ek hou maar van n braai – die gewonde een!!!
    Lekker gelees en gelag.

  11. Ek hu baie van n braai! Glad nie ‘n Brannas een nie! 😀