My vreugdes en frustrasies

A - Z (2016)

A: Antjie Somers

Antjie Somers - Anja Venter

A

In Afrikaans folklore, Antjie Somers is the ‘bogeyman’ used by adults to frighten children into good behaviour. Growing up in South Africa during the late 50s and early 60s, I firmly believed that Antjie Somers would arrive at my house at midnight to carry me away in her sack, as punishment for the mischief engaged in during the day.

The story is this: Andries Somers was a fisherman who committed murder and, in an effort to escape prosecution, he dressed in women’s clothing as a disguise. Children, being honest at heart, soon saw through his disguise and mocked him by calling him Antjie, a well-known name for women. Then one day, he just disappeared … and so did the children who mocked him.

Deesdae hoor kinders nie meer van Antjie Somers nie, en wel om twee redes. Eerstens is ouers so deur die jare geleer dat kinders ‘n sielkundige knou kan kry as hulle voortdurend bang is vir so ‘n mitiese karakter. (Daar is nou ‘n baie goeie rede vir my afwykende gedrag hier op my oudag. Tweedens was daar in Suid-Afrika natuurlik ook die Tokeloshe wat mettertyd vir Antjie Somers op die agtergrond geskuif het.

Daar is diegene wat beweer dat ‘n groot deel van ons bevolking bakstene onder hulle beddens sit om sodoende hoër van die grond af te slaap … die Tokeloshe is skynbaar ‘n vreeslike kort mannetjie wat nie bo-op ‘n hoë bed kan klim nie. Dan is dit dalk nie ‘n goeie idee om jou arms en bene van die te laat afhang wanneer jy slaap nie?

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

29 Comments

  1. Sien uit na die volgende 25 posts!! Enjoy!

  2. In my een kinderboek is Antjie Somers se storie vertel. Dis die enigste plek waar ek ooit van hom/haar gehoor het, maar dit was genoeg om my deeglik te verskrik!

    • Comment by post author

      Ek het op die platteland grootgeword en daar het die bevolking groot stories vertel van allerhande gedaantes wat (gewoonlik in die nag) rondsluip. Ek het menige nag in my ouers se dubbelbed ingekruip totdat ek al mooi opgeskote was.

      • Ag foeitog, ek sien nou hoe ontwaak die vrese by my kleindogtertjie – op die oomblik is sy bang vir “dlake” – sy kan nog nie die r uitspreek nie. Dankietog vir ouers wat verstaan en ‘n mens in hulle bed toelaat!

  3. Ek weet van Antjie Somers maar het nooit geweet wat die storie agter die storie was nie. Dankie!

  4. Goeie begin! Ek onthou vir Antjie Somers maar nie die volle storie nie. Ons is ook so bang gepraat as kinders.

  5. drkottaway

    Oh, wonderful, and blogging in two languages…. I am jealous…. when my kids were little I made up a witch called Gertrude Bomgarten Peitre who loved to eat 4 year old boys: my son was always saved by his cleverness and his beloved stuffed bear…..

    • Comment by post author

      We have eleven official languages in this country, if you will believe me! I just love the theme that you chose for the challenge – feelings / emotions/ sins. I’ll come visit your blog shortly.

  6. Slim een!

  7. Mooi man, nou kan ek jou link insit. Dit sal ouens nogal interesseer dink ek!

  8. Gin wonder ek is soo getik nie… al daai sielkundige skade… ek meen, dit was Antjie, die T outjie… die duiwel in die kinder bybel… en nog baie ander wreede trolle wat hulle my mee skrik gemaak het!
    Dankie vir die herhinderinge!! 😉 Ek loop nou soek vir groot grys konkreit blokke vir die bed!! 🙄
    NS – Verskoon asb die spelling… baie jare in die verte… hier in die land van die leprechaun!!) ) o_O

  9. Sonel

    Ek het al van die Antjie Somers gehoor maar ons is nie met haar bang gemaak nie. Nee wat, ons is nie eers gedreig nie. My ma het sommer die naaste ding aan haar gegryp en gefoeter. 😆

    Sou dit nie interessant gewees het om foto’s van die Tokkelossie te kon kry nie? Ek sou dit geniet het. 😀

    Dis ‘n lekker challenge wat jy hier aan die gang het Hester en soos gewoonlik geniet ek jou pragtige skryfwerk geweldig. ♥

    • Comment by post author

      Dankie, ja dis nogal lekker om sou nou en dan so iets aan te vat. Ek is bevrees my ma was ook nie die soort wat haar opgehou het ment onsin nie en die stoffer se steel was haar wapen van keuse.

      • Sonel

        Ha! Jy was nog gelukkig. Ek was sommer eendag met die tuinslang gefoeter en met iemand soos my ma het jy vinnig geleer om te koes. 😆

  10. Ek onthou ook die stories! My huishulp het altyd haar bed op bakstene gesit! Pragtige pos!

  11. Ek ken van die Tokeloshe, baie huise / kamers waar ek as kind in was se beddens was op bakstene.
    Dink nie Antjie Somers of enige iets in my kindertyd kan die sielkundige knou gee wat die “goed” wat vandag se kinders kyk, luister en op TV speel gee nie.